Don't Miss the Oppidam Musiekfees

OppiDam Musiekfees

Dit is weer tyd vir die jaarlikse OppiDam Musiekfees en hierdie jaar word dit oor Paasnaweek gehou. Van 18 tot 19 April, sal die lug gevul wees met musiek van ‘n verskeidenheid kunstenaars wat in almal se smaak sal val. As jy nie ver wil ry nie, maar ‘n wegbreek nodig het van die daaglikse gejaagde lewe, is Oppidam die plek om te wees. Bring jou vrou, kinders, familie en vriende en sommer die bure ook vir ‘n heerlike kuiernaweek. Moenie jou dansskoene vergeet nie.

OppiDam is geleë op die oewers van Vygeboomdam. Die oord is nie ver van Badplaas in Mpumalanga nie. Met ‘n verskeidenheid van verblyf om van te kies, is daar iets wat elkeen se sak sal pas. Dit is verseker tyd om te kom ontspan en Afrikaanse musiek uit die boonste rakke te kom geniet.

Tydens vanjaar se OppiDam Musiekfees sal die volgende sangers te siene wees: Pieter Rischmuller (aka Piet Pompies), Zaan Sonnekus, Doane Smith, Geraldene, Voodoo Kudu, Andreas, Brian Wilkindon en die alombekende Pieter Smith.

Kom ons kyk vlugtig na ‘n paar van die musikante wat sal optree:

Pieter Rischmuller

Pieter Rischmuller, aka Piet Pompies is die voormalige sanger van die dinamiese groep DJ Ossewa.

Hy het in 2014 besluit sy vlerke te sprei en solo te gaan. Nie net is Pieter ‘n sanger van formaat nie, maar ook ‘n radio persoonlikheid, TV aanbieder by net-afrikaans.com en ‘n uitstekende seremoniemeester vir alle geleenthede.

Met sy bekense ‘cowboy’ hoed het hy al vele feesgangers en skares vermaak.

Zaan Sonnekus

Zaan Sonnekus, ook bekend as Cézaan Sonnekus, is a Suid-Afrikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein in die Vrystaat.

Sy liefde vir musiek het reeds begin toe hy sy eerste kitaar op sy 10de verjaarsdag ontvang het. Vandag fokus Zaan voltyds op sy musiekloopbaan as sanger-liedjieskrywer. 

Doane Smith

Doane Smith kom van Pretoria en al het hy reeds as ‘n jongman kitaar gespeel, was dit nie sy voorneme om ‘n musikant te word nie.

Die noodlot het egter anders besluit en vandag is hy ‘n bekende sanger wat aanklank vind by die meeste musiekliefhebbers.

Hy sing graag bekende ‘golden oldies’ en ook hedendaagse treffers wat popmusiek, ‘rock’ en ‘country’ musiek insluit.

Voodoo Kudu

Die musiekgroep Voodoo Kudu tree al sedert 2017 saam op.

Die groep bestaan uit Pete Stansfield, Michael Clarke, Alan Wicks en Brett Coates, wat almal musikante in eie reg is.

Hulle sing van klassikale rock tot hedendaagse treffers. Met al hul optreders poog hulle om bekende treffers wat almal ken, maar selde ‘n lewendige optrede van gesien het sover terug as die Rock n Roll in die 60tigs, 70tigs, 80tigs en 90tigs op te voer.

Al is dit ander kunstenaars se musiek gee hulle volle erkenning aan die kunstenaar op hul eie unieke manier.

Dit sluit in musiek van die Rolliong Stones, and Neil Young, tot bekende musiekgroepe soos Nirvana, U2 Bryan Adams and Foo Fighters. 

Brian Wilkinson

Brian Wilkinson is ‘n musikant van Nelspruit wat in plaaslike pubs asook musiekfeeste optree.

Hy is ook ‘n openingssanger vir verskeie individue en groepe.

Pieter Smith

Pieter Smith is ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler. Sy debuutalbum, Alles wat gejaagd is, is in 2001 uitgegee. Hy het begin kitaar speel toe hy 4 jaar oud was en het van sewejarige ouderdom professionale afrigting ontvang. Met sy eie lirieke en melodieë het hy ‘n huishoudelike naam geword in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Een van die hoogtepunte in sy optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy sy gehore trakteer.

Die musiekfees is duidelik een om nie te mis nie en Paasnaweek is die ideale geleentheid om weg te breek en te kom kamp of ‘n huisboot te huur by OppiDam.

Verblyf beskikbaar is huisbote vir twee of vier persone of in een van die selfsorg eenhede. As jy wil kamp is daar genoeg kampplek met elektrisiteit asook tente en karavane te huur wat permanent op die perseel staan.

As jy nie lus is vir kosmaak nie het OppiDam ook ‘n opsie. Ararat Restaurant sal aan al jou behoeftes voldoen met hul ala carte restaurant wat ontbyt en ligte etes voorsien, asook geregte vir die person met ‘n groter aptyt. Daar is ook ‘n ten volle toegeruste kroeg.

Op die perseel is ‘n winkel wat aan jou allerdaagse behoeftes vir melk, brood, koeldrank, en peuselhappies sal voorsien. Daar is ook ‘n SPAR nie ver van die oord af nie.

Met die musiekfees wat die eerste twee dae aangebied sal word, gee die lekker lang naweek jou nog kans om te ontspan langs die viswaters, ‘n vuurtjie aan te pak vir ‘n braai, en ‘n skemerkelkie te geniet met die son wat oor die dam sak.  Daar is ook genoeg aktiwiteite om die kinders mee te vermaak.

Waarvoor wag jy nog, kontak OppiDam  nou op +27 66 327 1068 of stuur ‘n epos na info@oppidam.co.za. Vir meer inligting oor die oord besoek hul webwerf by https://www.oppidam.co.za/

@ 2022 Copyright. Designed by